TESTIMONIANZA DI ALESSANDRO SACCO NELLA LINGUA AFRIKAANS:

 

Getuinenis van Alessandro Sacco

 

My  naam is Alessandro Sacco.  Ek is op die 19de November 1977 in Palermo gebore.  My familie was baie arm en hulle het alreeds drie seuns gehad.  My familie het vir my ma gese: "Jy is so arm, jy het nie nog 'n kind nodig nie en vir net 50,00 Euro's kan jy 'n aborsie laat doen sonder om 'n vierde kind te moet grootmaak.  My Moeder het met 'n goeie vriend gepraat oor haar voorneme om die swagerskap te be eindig, maar sy het gese: "Jy weet nie wat die Here se wil is vir hierdie baba nie, will jy regtig jou kind doodmaak?"  My Ma het gelukkighaar raad gevolg teen die wil van my familie.

In 1983 was ek 3 jaar en drie maande oud, toe my Tannie oplet dat ek mank loop en sy het voorgestel dat sy my dokter toe vat.  Die dokter het vermoed dat dit verlamming was wat deur hitte veroorsaak was, maar na 'n volledige mediese ondersoek is daar ontdek  dat ek  brein kanker ontwikkel het.  Die gewas was die groote van 'n suurlemoen (omtrent 4cm) en dit was onmoontlik om in Palermo, waar ek gebly het, te opereer.  Ons was aangemoedig om eerder Messina toe te gaan waar die operasie gedoen sou word.  Ongelukkig is die hele gewas nie verwyder nie en na die operasie, het 'n vreemde ding gebeur.

My voorkop het onbeheerd begin beweeg, maar die verpleegster het gese dat dit die effek was van die medisyne wat ek gedurende die operasie gekry het.  My hele gesig was aan die bewe en my Moeder was baie onrustig, maar die dokter was baie besig met ander pasiente..  Toe daar skuim by my mond uitgekom het, het sy histeries geword.  Die dokter het uieindelik gekom.  Hulle het my 'n verdoofmiddel ingespiut en het die volgende oggend met my ouers gepraat.  Ek het later uitgevind, van 'n 12 jarige dogter by my in die kamer, dat die dokter gese het dat ek in 'n tweede graadse koma was en dat daar geen hulp was om my lewe te red nie.

Hulle het my Vader vertel, wat to die nuus aan my Moeder moes oordra.  Toe my ma hoor, het sy vir die eerste keer in haar lewe haar hart vir Jesus Christus oopgemaak en sy het gebid:"Here, ek het na U stem geluister en nie my swangerskap beeindig nie, en nou wil U my geliefde seun wegneem?"

Bo alle verwagting het ek wakker geword en die dokters het met 'n konkoksie van Chemo en Cobalt terapie begin deur my hele liggaam.  Dit het baie fisiese problem veroorsaak en vir 'n tyd kon ek nie eers my kos verteer nie.

Vir lang jare het ek swaar geloop en mense het gestaar en dit het my laat anders voel.  By die skool is ek geterg en stief behandel.  Ek kon glad nie sport doen nie.  Ons moes op 'n dag 'n opstel skryf oor wat ons graag wou wees wanneer ons grroot word, en ek het begin huil, want ek het nie die antwoord gehad nie.

As ek in die pad loop, sou die ander kinders klippe na my gooi, op my urineer en op my spoeg.  Gou-gou was ek so moeg daarvan, dat ek daaraan begin dink het om my eie lewe te neem.  Ek was vol haat vir myself en die rondom my.  Ek het myself onttrek en wou nie die huis verlaat nie.  My Moeder het my aangemoedig om uit te gaan, maar dit het al hoe erger geword.  Een dag moes ek vir die ander kinders weghardloop en het sonder skoene huis toe gegaan.

Ek het baie Godsdienstig begin word en na die gode begin kyk om hulp, maar het geen antwoorde gekry nie.  Op 'n dag het ek ann my Moeder gese:"Ek wil Jesus sien."  Sy het geantwoord dat as ek vir Jesus wou sien, moes ek eers sterwe en dan sou ek nooit weer my Moeder of Vader sien nie.  Toe dink ek, ek kan mos nie doodgaan, Jesus sien en dan terugkom aarde toe om hulle te sien nie.

In 1986, toe ek 9 jaar oud was, het iets vreemds gebeur.  My Pa het begin vloek en dit het my onstel.  Ek het gese, hy moet eerder bid, as om die Here te vervloek.  My Pa het baie kwaad geword, hy het my weggejaag en daar, in die hoek van ons huis, het ek vir Jesus gesien.  Ek het op my kniee neergesak en die "Onse Vader" begin bid.  Toe dit alles verby was, het ek vir my Moeder vertel dat my hart vinniger begin klop het en dat ek met vreugde gevul is.  Sy wou my eers nie glo nie, maar toe sy sien dat ek ernstig was, het sy begin navorsing doen oor verskillende gelowe om te sien of dit regtig moontlik was om Jesus te sien.

Die volgende dag het my Moeder met 'n vrou gepraat wat 'n Christen was en sy het gevra  of iemand werklik vir Jesus kon sien. Hiedie vrou het my Moeder vertel van verskillende mense wie dieselfde ondervindins gehad het.  Die volgende dag het ons besluit om die vrou te gaan sien.  Die Here het vir haar gese om haar winkel  spesiaal oop te maak omdat Hy iemand vir haar sou stuur.  Daardie dag het my Moeder en ek ons sondes bely en vir Christus as ons Heiligmaker aanvaar.

Na 'n ruk het ek 'n stem in my kop gehoor wat my vertel het dat ek die hele wereld sou besoek om die woord van die Here te versprei.  Ek het dit geignoreer, want ek was nie eers in staat om myself te was en aan te trek nie.

In 1992 het die Missie "Christus is die antwoord" na ons stad gekom en ek het hulle dienste bygewoon wanneer ek kon.  Gedurende 'n bidsessie het ek 'n visie gehad van Jesus wat my stukkende lyf in Sy arms hou en my liggaam het herstel waar Hy sy hande gehou het.  Hy het hemelwaarts gekyk en gese:'Daar is 'n plek in die hemel vir jou."  Na soveel jare het ek verstaan die genesing was vir my hart en dat ek nie oor Hom kon praat terwyl ek myself en anders haat nie.

Ek het besluit om by die groep aan te sluit, maar nie my ouers of die groeplyers was gelukkig hiermee nie.  Ek was aangese om te wag tot ek 18 was.  3 Jaar het ver bygegaan met trane en gebede en finaal, op die 3rde Maart 1995, het ek deel geword van "Christus is die antwoord."

Na 'n poging om bloed te skenk, het ek 'n algemene doktersondersoek ondergaan.  Die dokters het verklaar dat ek nie meer lank sou leef nie omdat ek aan cholesterol, hoe bloeddruk , arthritis en MS ly.  Daardie aand het ek gehuil, nie omdat ek bang was vir die dood nie, maar omdat ek nie langer wou lei nie.  Jesus het weer vir my 'n visie gestuur.  Dit was van my liggaam wat so klein soos 'n duimpie was en die Here se hand rondom my en Hy het gese:"Jy sal nie doodgaan terwyl My hand op Jou is nie.  Dit sal 'n moeilike  tog wees,  maar Ek sal altyd daar  wees om jou te beskerm, moenie vrees nie."

Ek kon die missie verlaat om beter mediese behandeling, maar weer het die Here vir my gese om Stil te word en om nie weg te gaan van die plek waar ek was nie.

Tot vandag toe, het die dokters net vir my 2 jaar gegee om te leef.  Ek ly aan asma wat tot my dood kan lei, maar dit is my keuse om die Here te dien bo alles.  Ek weet Hy sorg vir my en ek kan net vrede he as ek in Sy hande is.

As jy deur enige moeilike tye gaan, onthou, aan die voet van die kruis, sal jy die antwoorde vir jou lewe vind.